Die Dowe Digters

Alle fotos in die artikel deur Henk Steyn

Die Dowe Digters het net meer as vyf jaar gelede ontstaan as ’n kreatiewe platvorm vir digters, sangers, skrywers, musikante, en ander kunstenaars om hulle werk basiese blootstelling te bied, en ook die interaksie met ander gevestigde kunstenaars en geleenthede te bewerkstellig.

Die Dowe Digters bestaan uit ’n Facebook-groep, en ’n maandelikse optree geleentheid, wat toe later die hoof attraksie en fokuspunt van Die Dowe Digters geword het. Die konsep en eerste geleenthede is begin deur Andries De Beer (Abjater Ronkedoor) vanuit Pandora Arthouse in Pretoria. Toe De Beer in 2012 na Kaapstad verhuis, is Die Dowe Digters deur David C. Steyn en Dominique Dicks oorgeneem. Jaco Mans het ook betrokke geraak, en behartig die klank en interne werksaamhede. Die optredes, of geleenthede, het verskeie kere verhuis totdat dit sy huidige tuiste gevind het in Die Proviand by die Voortrekkermonument. David C. Steyn het in 2015 onttrek om op ander projekte te fokus.

0 (1) 0 (9)

 

 

 

 

 

 

Die Facebook groep dien as ’n sosiale platvorm, waar enige lid gedigte, idees, of uitreksels kan plaas en erkening of kritiek kan verkry vanaf die ander lede.

Die primêre aktiwiteit is die maandelikse optree geleenthede, wat gewoonlik op die laaste Donderdag van die maand plaasvind by Die Proviand. Hierdie geleenthede het die afgelope paar jaar heelwat gegroei en ontwikkel. Dit is tans een van die grootste gebeurtenisse op die maandelikse Pretoria kalender.

0 (3) 0

 

 

 

 

 

 

Die optree gleenthede gee vir elkeen wat die aand bywoon, die kans om op die verhoog te klim en hulle eie werk, of ’n ander se werk, voor te lees of uit te voer. Die eerste helfte van die aand gee enige persoon hierdie geleentheid om op te tree in ’n medium van hulle eie keuse. Na hierdie ope geleentheid, eindig die aand met ’n optrede deur ‘n gevestigde of bekende gaskunstenaar. Ander bekendes en gevestigde kunstenaars woon ook gereeld Die Dowe Digters by, en dit gee vir kunstenaars, amateur of profesioneel, die kans om op mekaar te reageer en te kommunikeer.

Die Dowe Digters het al kunstenaars soos Jaco Van Der Merwe (Bittereinder), Kobus De Kock Jnr. (The Black Cat Bones), Empire of Desire, Bacchus Nel, Die See, Naas Veld, Bandolero, en Donovan Borne (Feed the Wolf en Jack Hammer) op die verhoog verwelkom.

Die volgende Dowe Digters byeenkoms vind plaas die 28ste Julie saam met  Die Wasgoedlyn

Projek. Outentieke nuwe en oue liedere gespeel deur Rikku Latti en Bacchus Nel.
Dowe Digters vind elke maand plaas by Die Proviand, Voortrekkermonument. Vir meer inligting, besoek die Facebook blad of groep, asook die Instagram en Twitter blaaie. Teken in om die nuusbrief te ontvang, en hou dop vir die volgende Dowe Digters geleentheid.

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*