Die Jaloersbokkies

Foto deur Kristina Foster van Breath of Heaven Art

Die Jaloerbokkies Agtergrond inligting

Eg Kaaps soos breyani en koesisters, soos ghoema en winterreën is “die Jaloersbokkies” , uitgedos in kostuums  wat herhinner aan die jare 50’s. Met liedjies wat nostalgies  val op die oor,  bekoor Jawaahier Petersen en Nedine Blom die gehoor met hul orkes wat bestaan uit kitaar, trompet, kontrabas, tromme, klavier en multi harmoniee.

Die Jaloersbokkies is ‘n nuwe musiekgroep wat die fokus plaas op Suid Afrika se diversiteit en dit uitbeeld deur musiek. Die uniekheid van die groep is nie alleen in die uiteenlopende rassegroep samestelling nie, maar ook vanwee hul liefde vir Afrikaanse  & Nederlandse tradisionele musiek.

Die orkes is in Januarie 2013 in die lewe geroep deur die twee stigterslede , Jawaahier Petersen en Nedine Blom.  Jawaahier en Nedine het mekaar ontmoet tydens die Burger pops waarna Nedine vir Jawaahier gekontak het om uit te vind waar mensdie beste maleise kerrie kon eet in die Kaap.  ‘n Hele paar sosiale netwerk boodskappe het heen en weer gevloei en is daar evensueel besluit om te ontmoet vir koffie om te praat oor moontlike samewerking.  

Tydens ‘n “jamming” sessie, waartydens Jawaahier haar broer, Ashur Petersen, saamgesleep het met sy kitaar, het Nedine gevra watter Afrikaanse musiek hulle ken. Die twee het op die koop toe Afrikaanse “Piekniekliedjies” begin sing met die kitaar  begeleiding.  Nedine was verstom en het gevra hoe hulle dan liedjies soos “Daar kom die Alibama”, “Rietjie in die water le”, ” Bobbejaan klim die berg”  en “Hier’s ek weer” ken.  Jawaahier en Ashur het verbaas gelag en gese “Mar dis dan onse liedjies”  

Na ‘n kortstondige stryery, het die drie besef dat hulle almal grootgeword het met die klanke van dieselfde liedjies, en dat hierdie liedjies nie aan “ons” of aan “julle” behoort nie maar “ons almal se liedjies” is. Dit was ‘n baie spesiale oomblik tussen drie mense, en ‘n vriendskap is gebore.   Jawaahier het toe vir Nedine vertel van die kulturele herkoms van hierdie liedjies.  DieAlibama, was een van die slaweskepe wat slawe van Indonesie en Java na Suid -Afrika gebring het in die 16 000’s.  Terwyl Nedine se oumagrootjie op die hawe gestaan en wag het vir die mooie Alibama skip om vas te meer in die hawe, opgewonde en in partytjie gees,  was Jawaahier en Ashur se voorouers op die einste skip, gebring as slawe na Suid-Afrika.  Hierdie liedjies het op die skepe ontstaan toe die slawe hulself en mekaar moes moed moes inpraat  oor dit wat wag aan die anderkant.  Verskeie “Piekniekliedjies” en “Moppies” is ook deur die maleise mense gekomponeer en geskryf deur die slawerny tydperk, om uiting te gee aan hul hartseer en gebondenheid maar ook om, tong in die kies, te spot met hul slawe base.  Hierdie sin vir humor kom ook deur in die vertolking van die liedjies tydens die Jaloersbokkies se vertonings.

‘n Verdere interessantheid is slawe name.  Jawaahier en Ashur , alhoewel “Petersen”, is eintlik  Boogarnodien. Hul voorouers is as die Pogarnodiens uit Indonesie in Suid -AFrika aangebring en het ‘n ene mnr Petersen  die Boogarnodiens gekoop. Hul  is opslag gedoop as “Petersens”.  Ander voorbeelde van slawe vanne is January, February, March , October.  Dit het gereeld gebeur dat ‘n slaaf se naam verander is na die maand waarin hy aangekom het  in Suid – Afrika en is dit waar name soos  Brandon October en Jackie January vandaan kom.

Tydens hierdie dinksrum sessie  het Jawaahier en Nedine besef dat die Suid Afrikaanse publiek baat sal vind by n diverse kultuur en rassegroep wat ook op ‘n deernisvolle wyse die verhaal vertel van Afrikaans, die slawe kultuur en die ontwikkeling van ons kultuur en musiek.  Die samestelling van die Jaloersbokkies , soos hierinlater blyk , slaag uiters goed in daardie doel.

Die Jaloersbokkies is opgewonde, nie alleen oor die geleentheid om Suid Afrikaners te verenig deur Afrikaans en liedjies wat tydens hul grootwordjare  deur almal gesing is nie , maar ook weens die unieke moontlikhede wat dit bied om deur dieJaloersbokkies aan die buitelandse gehore ten toon te stel.  Hulle heel eerste cd getiteld “Piekniekliedjies”  sien die lig aan die einde van Oktober 2016.

Die Jaloersbokkies se musiek het dus n Afri-Kaapse inslag met liedjies soos  “Daar kom die Alibama” ,  “Bobbejaan klim dieberg”, “Rietjie in die water le”, “Boomstraat”,  “Sarah de Jager”,  “Dicky Buttonkop”, “Beestepote”   “Ons is vannie Kaap” (Taliep Petersen) ” Vier inni bos”  en “Mannetjies Roux”

 

Die Jaloersbokkies bestaan tans uit die volgende lede & instrumente :

Jawaahier Petersen –  (Stem)  Stigterslid & vervaardiger

Nedine Blom –  (Klavier & stem)  Stigterslid & vervaardiger

Ashur Petersen (Kitaar & stem)

Lyle Syster (Kitaar)

Carlton Abrahams (Trompetter)

Angelo Bailey (Pianis)

Shaan Wocker (Drommer)

Yazeed Williams (Kontrabas)

Junaid Galant (Tradisionele Maleisiese sanger)

Foto deur Kristina Foster van Breath of Heaven Art
Foto deur Kristina Foster van Breath of Heaven Art

 

TOEKOMSVISIE

Die Jaloersbokkies se  visie is om kulturele brue te bou oor kleurgrense heen en koester hul ook hiermee onder andere hul Nederlandse en Maleisiese wortels. Hierdie aspek word ook in hul vertonings beklemtoon en sing hulle onder andere dietradisionele Nederlandse lied “Piet Heyn” asook Nederlandse praglied “Rosa”

Die Jaloersbokkies se  onmiddellike doelwit is om die groep bekend te stel, nie alleen aan die publiek van Suid – Afrika nie, maar ook aan ander wereld dele waar Afrikaans ‘n gemene deler is.   “Ons glo dat musiek ‘n universele taal is en dat ons deurdie sing en speel van tradisionele piekniekliedjies, moppies, volkliedjies en ander Afrikaanse liedjie skatte, ons Afrikaans as taaldie proses sal bevorder  en ‘n breer gehoor bekend stel aan die taal.”

Die gedagte is verder om hierdie tradisionele Afrikaanse musiek na die laelande te neem juis weens die raakpunte tussen Afrikaans, Nederlands en Vlaams.   Tydens hul vertonings deel hulle hierdie kulturele herkoms met hul gehore en deel ook so klein bietjie meer oor die herkoms van sekere Afrikaanse woorde soos byvoorbeeld die onstaan en herkoms van woorde soos “bang”, “slang”, “veranda” ensomeer.  Hulle verduidelik ook wat die verskil tussen ‘n koesiester en koeksister nou eintlik is en waar liedjies soos “Daar kom die Alibama” en “Rietjie in die water le”  hul ontstaan het.     Dit is vir Die Jaloersbokkiesnoodsaaklik dat  verskeie hoeke en dialekte van Afrikaans in ons musiek  plek vind soos bv Kaapse Afrikaans en Namakwalandse Afrikaans.

 

Twitter: @jaloersbokkies

Facebook:  Die Jaloersbokkies

 

MEDIA ARTIKELS:

Rapport:

“Jaloerse bewakers van ons ghoema”

http://www.rapport.co.za/Weekliks/Nuus/Jaloerse-bewakers-van-ons-ghoema-20140201

 

“Taliep se kinders stof liedskat af”

http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Taliep-se-kinders-stof-liedskat-af-20130302

 

Die Burger

“Jaloersbokkies is trots Kaaps”

http://www.dieburger.com/vermaak/2013-06-14-jaloersbokkies-is-trots-kaaps

 

YOUTUBE LINKS:

TYGERBURGER ONDERHOUD

https://www.youtube.com/watch?v=9zj3qo4NUkk

SABC 1 EXPRESSO MORNING LIVE

https://www.youtube.com/watch?v=fkHF2yUzQFk

VIER AAN DIE BOS

https://www.youtube.com/watch?v=w8NUzBMKc4c

Welcome to Cape Town clip

http://youtu.be/3nr6vqYFJBc

JALOERSBOKKIES BEKENDSTELLING

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*