Die Span

10646996_10152694344850350_121555111936605508_nJaco Brill werk as tuinboukundige deur die dag, maar het nog altyd ‘n groot passie vir musiek. Hy geniet alle tipe musiek, maar rock en alternatief is sy gunsteling genre’s. Hy het ook Cape Town Music Scene begin, wat gegroei het en nou ook Gauteng Music Scene insluit, en gesamentlik samusicscene.co.za is. Hy is nie meer baie aktief betrokke daar nie, en daai projek word huidiglik bestuur deur ‘n baie talentvolle en passie volle span, met Craig Roxburgh, Ashley Brown en Vicky Jankiewicz aan die hoof daarvan. Die idee vir ‘n meer Afrikaanse web blad het hom so 4 maande terug getref, en hy het stadig aan begin werk en bou aan die idee.

Jaco BruwerJaco Bruwer is a liefhebber van musiek en die internet. Met sy kennis in web-ontwerp en ontwikkeling, was dit net natuurlik dat sy lewe êrens die kruispad van die twee passies sou vind. Jaco Brill het hom genader en saam met ander het die droom begin plek neem.

Met kennis in die industrie sal daar nog baie groei gebeur aan opdienet. ‘n Ware webwerf, vir die afrikaanse musiek-liefhebber.