Gemini Music Academy

Ek sien gereeld posts van Gemini Music Academy op Facebook, en het ook al vir Giliomee Jacobs ontmoet, so ek het besluit om bietjie meer uit te vind oor Gemini Music Academy, en dit met julle te deel.

Ek het vir Giliomee gevra hoe en waar Gemini Music Academy begin het en wat hulle alles bied –

Die Gemini Music Academy het ontstaan in 1994.  Ek was daardie tyd nog in Matriek en het daardie tyd my ma gehelp om konserte te reël by die aftreeoord waar sy gewerk het.  Ek het dan almal wat sang items gedoen het bietjie gehelp en afgerond en dit is hoe ek toe besluit het om die Sangskool te begin.  Ek gee nou al 22 jaar sangopleiding.  My jongste student was 3 en my oudste een nog was 66. 
 
Die hoof doel van die sangskool is om natuurlik sanglesse aan te bied.  Dan doen ek ook demo opnames en ook nou iets nuuts wat ek aangepak het wat ek noem Demo Video Opnames.  Pleinweg gestel is dit maar net ‘n demo opname maar nou met beeld materiaal by waar die persoon fisies gesien word waar hy of sy in die ateljee staan en opneem.  
Ek besig ook oor klank toerusting en doen so af en toe klank vir kleiner funksies. 
 
Die idee dat dit ‘n “Sangskool” is, laat baie mense dink dat dit slegs vir skoliere is.  Ek bied klasse aan vir enige iemand wat ‘n passie het om te kan sing.  Of jy dit net wil doen vir ontspanning, en of jy graag wil professioneel optree, ek sal help. Daar is  ook glad nie ‘n ouderdomsperk nie. 
snapshot-5 snapshot-4
Ek het ook vir hom gevra oor wie HY as mens is, oor events wat Gemini hou en of daar enige groot sukses stories al gekom uit uit Gemini uit.

 

Die mense wat my ken, ken my as Piesang.  Dit is my bynaam van kleintyd af.  My regte naam is Giliomee Jacobs.
Daar is vir my niks lekkerder as om te kan sien hoe ‘n kind / student vorder nie.  Hoe hulle eers skaam en met feitlik geen 
selfvertroue by my in die klas kom staan en sing en dan na ‘n paar klasse ewe skielik ontpop en daardie selfvertroue so opbou dat die ouers amper nie hulle eie kinders ken nie. Ek het self begin sing toe ek 3 jaar oud was.  Ek het my eerste corporate show gedoen toe ek net 4 jaar oud was by ‘n hotel in die Stad. Musiek is nie iets waarvoor ek ‘n liefde ontwikkel het nie, ek is gebore met daardie liefde. 

 

Ons het een maal ‘n jaar ons sangskool se jaar afsluiting waar al die studente geleentheid kry om te sing en vir almal te wys wat hulle die afgelope jaar geleer het. Dan is daar tussendeur ook baie keer geleenthede waar my studente optree. 

 

Sekerlik een van die grootste hoogtepunte van die Gemini Music Academy is dat ek kan spog dat Andriette Norman by ons sangskool was vir ‘n hele paar jaar tydens haar skool loopbaan. Dan is daar ook ‘n hele paar studente wat al die geleentheid gekry het om saam met groot kunstenaars op te tree.  Onder andere Damian Beer wat een jaar by die KKNK saam met Kurt Darren op die verhoog was en sy hele show oorgeneem het.  Kurt was so verbaas daardie aand dat hy met sy platebaas, Kosie van Niekerk van Select Musiek gesels het, en vir Damian ‘n CD Kontrak aangebied het. Damian, of Klein Kaptein, soos hy bekend was daardie tyd, het toe ook die KKNK se Afskop Verhoog geopen die jaar daarna.

 

 snapshot-3
Gemini Music Academy het op die oomblik ‘n “video demo” special aan – Piesang vertel ons meer hier oor en gee ook vir ons details waar om hulle in die hande te kry.

 

Een van my studente, Chante Beer,  het so twee weke terug vir my gesê sy wil graag ‘n video opname doen soos baie van die mense wat op YouTube is.  Net so waar hulle staan met die oorfone en studio mikrofoon.  Ek sê toe vir haar, maar ek het die nodige toerusting, dit is net op die oomblik in boksse gepak aangesien ek dit in my ou studio gebruik het en nog nooit weer regtig tyd gehad het om opnames te doen nie. Ons het toe sommer een aan in haar klastyd so toets gedoen om te kyk hoe dit werk.  Dit het toe so nice uitgekom dat ek sommer nog ‘n paar van my studente opgeneem het net om eintlik bietjie te oefen totdat ek voel dit is nou goed genoeg.  Wel, van daar af het ek toe besluit dat ek dit vir enige iemand kan doen.  So om die besigheid ‘n bietjie aan die gang te kry en die woord te versprei, het ek toe besluit om ‘n special aan te bied vir slegs R300 vir so ‘n opname.  Jy kan nie eers meer deesdae ‘n gewone demo lied opneem vir onder R600 of selfs R1000 nie.  Aanvanklik sou ek die special gehad het tot die 9de Desember, maar as gevolg van baie navrae, het ek dit nou verleng tot die 16de Desember.

 

Die sangskool het sy eie Facebook Blad. Soek net Gemini Music Academy.  Persone wat belang stel kan ook gaan kyk op YouTube as hulle search vir Gemini Music Academy, na ‘n paar van die videos wat ek reeds opgelaai het.  
Ek kan gekontak word op 0834114508 of epos by piesangj@gmail.com 

 

img_4373 20150822_165323

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*