Kaapstad se Frank Sinatra – Adriaan Krause

Ek het ‘n tyd terug vir Adriaan sien optree, en dit baie geniet. Hy is vol energie, sing goed, en die gehoor is gebind aan sy optrede. Ek het hom al sien optree waar hy big band en swing musiek doen, en ook waar hy met sy guitar akoestiese optredes doen. Ek het bietjie met Adriaan gesels, om meer uit te vind oor wie hy is en wat hy doen.

 

Hy het nog altyd ‘n liefde vir musiek gehad, en het op laerskool in die koor gesing. Dinge het bietjie verander toe hy in die hoërskool kom en hy het opgou met koor, want dit was makliker om stokkies te draai as sing! Sy ouers het meestal country musiek geluister, maar hy het op Youtube vir Frank Sinatra ontdek en baie gehou van wat hy hoor – hy wou dit ook doen! Een van sy ander groot liefdes wat hy ontdek het, was Rodriques .

 

1464024606344

 

Sy verhoog persoonlikheid wat groot deel uitmaak van sy vertonings, het hy aan geleer gedurende een van sy eerste werke as ‘n deur to deur verkoopsman – hy moes maniere kry om die mense geinteresseerd te kry sodat hy sy produkte kon verkoop, so hy het soms sommer vir hulle gesing of grappe vertel.

 

Moonshine Tavern het hom raak gesien, en hom al hoe meer kans gegee om op te tree, en van daar het sy loopbaan goed op dreef gekom. Hy is tans deel van Emo Adams Entertainment, waar hulle hom help om geboek te word vir privaat funksies, as ook om die vooraf shows te doen vir mense soos Karlien van Jaarsveld en Emo Adams.

 

Julle kan hom gereeld sien optree by plekke soos in die noordelike voorstede van Kaapstad soos DK Bar, Sportsfan en Moonshine Tavern, en ook in ander dele van die Wes-Kaap, van Paarl tot by Langebaan.
Gaan besoek gerus sy Facebook page – Adriaan Krause Live

 

IMG-20160319-WA0003

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*