Lucinda Neethling – ‘n Veelsydige kunstenaar

Een van my gusnteling Afrikaanse bands bly maar Die Melktert Kommissie. ‘n Ruk terug het ek opgemerk dat die lead singer, Lucinda, nie net kan sing nie maar ook baie, baie goed kan teken – en dit nogal met ‘n balpunt pen! Ek het haar so bietjie gaan uitvra oor dit.

ODN : “Ek het jou leer ken as Lucinda van Die Melktert Kommissie, maar eers onlangs besef jy is ‘n veelsydige kunstenaar – vertel bietjie hoe dit begin het, het jy formele klasse gehad, jouself geleer? Van watter ouderdom teken/skilder jy al?”

LN : “Ek was nog altyd lief vir teken en verf. Ek teken al van ek kan onthou en het op skool kuns geneem en dit nogal baie ernstig opgeneem en goed gedoen daarin. Ek het nie kuns studeer nie en is soms spyt daaroor, ek het in 2011 my graad voltooi in Bcom Entrepreneurskap. In 2013 het ek in ‘n kunsgallery gewerk, waar ek lank moes sit agter ‘n lessenaar. Ek kon natuurlik nie sit en verf in die gallery nie, en dis toe ek eendag die balpunt pen optel en begin teken. Net daar het ek toe besef dit is die medium waarmee ek die gemaklikste is. Nou teken ek net in balpunt pen, baie mense dink dit is potlood maar dit is nie. Ek hou van die uitdaging daarvan – dat dit permanent is en mens dit nie kan uitvee nie. Dit het my ook baie geduld geleer want ek is maar van natuur ‘n ongeduldige mens. ”

vetman-eet-sy-baard

ephiphany

 

ODN : “Wat is jou gunsteling goed om te teken? Hoekom? Wat gebruik jy nog, behalwe balpunt pen, en wat stel jou belang om dalk ook nog te doen? ”

LN : ” Ek is mal daaroor om gesigte te teken. Oë en baarde veral. Ek hou daarvan as die gesig baie karakter het, lyntjies en moesies en dinge. Madiba is ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n gesig met baie karakter. Ek bring soms bietjie waterverf, akriel en kleur potlood in my balpunt tekeninge in en sal graag meer wil werk daarin en beter word daarmee. Ek is vreeslik gefasineerd met beeldhou (alhoewel ek dit nog nooit aangepak het nie) en is ook mal oor ceramics. ”

bros-en-bloos verdrink-in-myself johann-kommissie

hands-clean

 

ODN : ” Wie is jou rol modelle as dit by kuns kom?”

LN : ” Vreeslik baie en die lysie groei al ewig! My heel gunsteling is Gustav Klimt en dan is daar ook Egon Shiele. Pierneef is my ‘all time’ gunsteling Suid Afrikaanse kunstenaar. Ek dink Paula Bonet (Spanje) se werk is propvol emosie, en ek is mal oor Audrey Kawasaki (Los Angeles) se kuns. Suid Afrikaanse kunstenaars waarop ek versot is; Mary Sibande, Diane Victor, Kobus Rossouw, Nina Torr, Craig Muller, Hannalie Taute en Claudette Schreuders. Dan het ek so baie kuns vriende en kennisse gemaak die afgelope jare wat my vreeslik inspireer en aanmoedig – Leanne Olivier, Banele Khoza, Martyn Schikerling, Johann Nortje, Malose Pete, Heidi Fourie, Stefan Smith, Chris Valentine, Jeandré Dednam…te veel om te noem! ”

ODN : ” Behalwe DMK en jou kuns, wat anders is jou belangstellinge in die lewe, en wie is Lucinda as sy nie sing of teken nie? ”

LN : “DMK het begin in 2002 toe ek 16 was so ons is September die jaar al 14 jaar ‘n band. Mense dink ons het ‘opgebreek’ maar ons is nog solid…dis net moeilik om shows te doen as 3/4 van die lede in die Kaap bly en ek bly in Pretoria. So ons het ‘n breek geneem vir ‘n ruk en nou doen ons shows as ons kan. Ek skryf nog verskriklik baie, maar behalwe vir musiek en kuns is ek ook ‘n gesertifiseerde Basi Pilates instrukteer. Ek het nou weer begin pilates aanbied. Dit help vreeslik met seer skouers en spiere van heeldag sit en teken. Pilates is ‘n wonderlike manier om jou liggaam te versterk, dit doen wonders as rehabilitasie na ‘n besering of operasie en help mens ook om slapper te word en jou asemhaling te verbeter. Dan is ek mal oor tuinmaak en het so paar maande terug my organiese groentetuin begin! Ek is alewig met my vingers in die grond. ”

Lucinda doen ook graag kommissie werke – besoek gerus haar webtuiste en Facebook blad!

http://www.lucindaneethling.com/

https://web.facebook.com/LucindaNeethlingArt/

 

leonard-cohen-eyes

 

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*