Luna Paige en Peter Mitchell LIVE by Bordienghuis, Wellington

Saturday 30 July

Adres: Breytenbach Centre, Hoek van Malherbe & Burger Street, Wellington

Deure open : 18h00

Vertoning begin : 20h00

Kaartjies: R120

Besprekings: teater@breytenbachsentrum.co.za of skakel 073 435 1022

Pizza en drankies sal beskikbaar wees by die venue (kaart fasiliteite is beskikbaar)

 

Meer inligting oor die vertoning self : 

LUNA PAIGE & PETER MITCHELL SING SAAM IN WELLINGTON

Hierdie is ‘n samewerking tussen 2 unieke stemme, persoonlikhede en liedjieskrywers. Luna en Peter het al verskeie kere saamgewerk en die verhoog gedeel. Luna is genooi om Peter se lied, Mautie’s Song saam met hom te sing en op te neem, waarna Peter ingestem het om op Luna se onlangse CD, Borders & Beyond, te sing. Na die twee projekte het beide kunstenaars stemwerk gedoen op vriend en kollega Nick Turner se CD, wat in Novembe 2016r, bekendgestel word. Luna en Peter se eerste formele samewerking was met die musiekproduksie Die Ander Konsert, wat in Maart/April 2015 sy debuut by die Woordfees en KKNK gemaak het.

898

Tydens hul vertoning op die 30ste Julie, sal hierdie 2 kunstenaars hul talente weereens saamsnoer. Dit sal ‘n eerste keer wees wat die twee die verhoog deel op so ‘n intieme wyse (sonder groot orkeste en ekstra instrumentasie). Luna skop die vertoning met haar besonderse liedjies en die prettige stories agter hulle af, waarna Peter Mitchell die gehoor gaan voorstel aan sy Skotse persona. Gehoorlede kan uitsien na ‘n reis vanaf Skotland, deur ‘n reeks ander lande, tot binne in SA, waar Peter Mitchell homself tans bevind. Luisteraars kan ‘n kombinaise van oorspronklike musiek, Skotse volksliedjies en komiese verhale verwag.

In the tweede helfte van die vertoning sal die twee liedjieskrywers en sangers kragte saamsnoer en oorspronklike liedjies vanaf beide se CD’s en repertoires opvoer. Luna en Peter sal mekaar begelei en ondersteun op die verhoog. Die twee se stemme komplimenteer mekaar baie goed en gehoorlede is verseker van ‘n hele paar hoendervleis oomblike gedurende die tweede helfte.

Moenie die 2 liedjieskrywers en sangers misloop wanneer hulle Wellington besoek op die 30ste Julie nie.

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*