‘n Obsessie met musiek – Heinrich Volschenk

Foto deur Vetman Design and Photography

 

Ek het besluit om bietjie met Heinrich Volschenk te praat, huidiglik eienaar van Crown Bar in die Paarl, en voorheen van die Afrikaanse rock groep, Obsessie met Als. Vandat ek vir Heinrich ken, was hy op een of ander manier betrokke by musiek – lees gerus wat hy alles te sê het.

My liefde vir musiek het ontstaan toe ek n  klein pikkie was. My pa het in sy jonger dae vir 414 gesing (‘n polisie band) waar hy naweek in en naweek uit saam met hulle opgetree het by live music venues, troues en nog meer. Op die ouderdom van 13 (2004) het my pa vir my n swart Ludwig drumset gekoop en dit is ook die jaar waar ek vir Pierre van der Naam (vocalist van Obsessie met Als) ontmoet het in die Paarl.

Dit was meant to be that ek n swart Ludwig drumset gekry het want op daai tyd het Jaco Venter (Fokofpolisiekar) Hemel op die platteland se video geshoot met die selfde kit.  Ek en Pierre het toe maar so bietjie begin geraas maak, die Rockspaaider kompetisie op TV gekyk, en uiteindelik Pateet se song, More Oompie More Tannie gecover.. Evan Scheepers (bassist van Obsessie met Als) het in 2007 bygekom, en so is die 3 piece Afrikaanse rock n roll band Obsessie met Als gestig, nadat ek en Pierre in verskeie skool bands saam was.. In die begin het ons dit nie maklik gehad nie gesukkel met shows en gear en onder ouderdom om by plekke soos Mercury live te speel.

0 (5)
Foto deur Vetman Design and Photography

 

2008 release ons die eerste klanke van Obsessie en die single “Klaar te Laat” se video word gemaak, MK rotate dit op Dstv en meer mense raak bewus van ons. My rol in die band was om seker te maak mense weet van ons en om shows te kry ten alle tye.

 

Op die ouederdom van 20 (2010) begin Ek en Pierre werk by MK Street team in die stad op naweke en in die week by aandklas Stellenbosch. Ek sal dit nooit vergeet nie, ons het by die Old Biscuit Mill gewerk op naweke en by feeste soos KKNK in n opblaas eend rondgeloop waar ons merch verkoop van ander bands. Hierdie tipe werk het vir ons eintlik baie beteken, want so het ons mense in die industrie ontmoet, wat later vir ons sou help en advies gee, en ‘n goeie kontak basis opgebou, veral by Aandklas Stellenbosch mense soos Francois van Coke, Zander Tyler (Jack Parow) Wynand Myburgh en nog meer.

 

MK street team reel vir ons n musiek video wat hulle alle kostes sal betaal en ons bring toe ons mees gewildste liedjie uit – OGGEND VISIE. Van hier af het alles vir die band verander.

 

 

Op n dag lui my foon en die hoof baas van Paul Bothner is op die lyn, hulle wou betrokke raak met Obsessie, banners is gemaak toere is gereel. Ons vollengte album is landwyd beskikbaar, Radio stasies stel belang in ons.Ons het net nie grond gevat nie. Dit het n fulltime job geraak. Lang hare, skinny jeans, tattoos, sigarette, Jagermeister en laat aande was al waarin ons belang gestel het.

Die drie van ons het op n tyd ook n radio program gehad (radio KC, gemeenskap radio stasie in die Paarl) op maandae aande waar ons gesels oor die nuutste nuus en upcoming shows, en die nuuste tracks gespeel het.

Nadat ons plekke soos Nelspuit gesien het en Studio 1 op MK gespeel het, het Evan klaar gemaak met sy studies en paaie het begin skei.Realiteit het ingetree en huur moes betaal word, Don’t get me wrong, ek het n goeie deel van die land gesien saam my twee beste vriende en ons was betaal om dit te doen.

Ek het deur hierdie hele tyd van OMA ander shows ook begin reel in dorpe soos Paarl, Wellington Durbanville, shows vir ons en ook vir ander  kunstenaars. Een van my eerste shows wat ek gereel het was vir Van Coke Kartel in 2008 in n laerskool se skool saal waar ek 400 mense ingedruk het, toe ek 18 was. Ek het besef ek gaan op ‘n manier moet begin geld maak, en al wat ek geken het en goed mee was, was bands en shows reel.

Ek en Marcus Oosthuizen (eienaar van Aandklas Stellenbosch) het ‘n showcase begin waar ons vir jong bands die kans gegee het om hulle musiek vir die mense te speel  en die tyd van hulle lewe te he. Ek het ook vir  n paar jaar gehelp reel aan die Aandklas Battle of the Bands en ook ‘n judge gewees.

My droom was nou om eendag my eie live venue te kan he. In November 2013 pak en en my pa ‘n projek aan om Crown Bar (een van die oudste kroeë in die land) oor te neem.

Met die nodige kennis agter die bar en genoeg telefoon nommers om hierdie projek te laat werk was dit nog steeds ‘n  stresvolle tyd vir my, 23 jaar oud en n besigheids eienaar. Net een geluk – ek was gewoond aan die laat nagte.

Met hulp van Marcus  en sy vrou Donya kon ek hierdie klein bar omskep in een van die beste live venues in Paarl, Wellington area. Daar is wel tye wat ‘n mens nog steeds stres en risiko’s vat,  maar dit is deel van die game right?

Vriende soos Francois van Coke, Koos Kombuis, Piet Botha en nog ander het ons gemaak wat ons is vandag, en hierdie plek op die map gesit.

0 (1) 0 (2) 0 (6) 0 (7) 0 (4) 0 (3)

 

Crown Bar, is soos my huis, dit is als wat ek nog altyd wou he.  All is ek nie meer op die stage nie kan ek nogsteeds my droom leef en dit deur Crown bar doen, van klank en ligte op stage aankoop tot die bier in die klient se hand.

Die beste van die alles is, is die lekker gevoel wat mense kry as ander mense in jou venue die shows geniet, van rustige sit down shows met Koos Kombuis, tot rowwe studente aande waar hulle na die tyd van die toerustig wil steel vir ‘n aandenking, omdat Jack Parow dit gebruik het.

Persoonlik dink ek die musiek scene is op n baie moeilike plek en ons is hier om te support en te help waar ons kan. Crown het so ontwikkel in die laaste paar jaar met musiek en dit is die beste ding wat kon gebeur het vir ons en vir n dorp soos Paarl.

Vir enige bands wat soek vir shows kontak my by crownbarpub@gmail.com

Ons Facebook page : Crown Bar

Upcoming shows

29 Julie – Gert Koevert band (Jhb)

06 August – Nic Stevens

12 August – Brand New Colony & The Inside Job

26 August – Koos Kombuis

02 Sept – Mark Haze

09 Sept – Pieter Mohr

10 Sept – Francois van Coke (full band) + Jumping Guns +Brand New Colony

16 Sept – Richard – The Voice winner

17 Sept – Richard The Voice winner

01 Okt – Country Legends – Dennis East, Clive Bruce, billy Forrest

07 Okt – Piet Botha

14 Okt  – Spoegwolf

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*