Nuwe lid van opdienet.co.za

Ons eerste post in ‘n baie lang ruk, is om te laat weet dat nog iemand ons span gejoin het, naamlik Stephanie Smalberger. As jy ook by ons wil aansluit, kontak ons! Hier vertel sy ‘n bietjie meer van haarself.

 

14199779_1099782690100429_5405256363163168491_n

“’n Mens kan nie die verlede oordoen nie, maar ‘n mens kan altyd besluit wat jy met die toekoms wil doen.” Vir die afgelope paar jaar vandat ons “Vaselinetjie” op skool gedoen het, bly daardie lyn by my.  
Ek dink ‘n mens kan baie sê oor ‘n persoon as jy weet wat hulle gunsteling lyn of gedeelte is in ‘n boek of fliek. Ek het lank gewonder hoekom daardie spesifieke gedeelte uit daardie spesifieke boek my so aantrek en so lank by my bly, en tot nou toe kan ek nie ‘n perfekte antwoord formuleer nie. Ek dink net dit bly by my want dit wys dat maak nie saak wat jy gedoen het in jou verlede nie, die toekoms lê nog oop voor jou en jy moet dit net aangryp.

Basiese beskrywing van my:
Ek is ‘n fliek-liefhebber en studeer tans “Film & Television Production” in die besige, maar pragtige middestad. Ek is konstant besig om te lees – engels, Afrikaans, gedigte, romans, enige iets. Ek is mal oor teater. My gunsteling persoon in die hele wêreld is my sussie en ek is mal oor Karen Zoid, Francois van Coke, Spoegwolf en Bouwer Bosch se musiek.

Well, dit is die basiese beskrywing van wie ek is. Ek sluit af met nog een van my gunsteling “quotes”:
“Een ding wat ons almal in gemeen het, is dat ons almal verskil.”

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*