Nuwe Musiek | Moses Metro Man – Spektrum

Moses Metro Man het laas maand hulle nuwe EP bekend gestel, Spektrum. Die EP was opgeneem deur die samewerking van verskillende producers – Blakk Productions,Lightstain studios en ook Vlagskip productions. Verspreiding word behartig deur Vonk Musiek. Die EP omslag is ontwerp deur die baie talent volle Peter Crafford.

Dit volg op hulle 2011 album met die naam Konstellasies (produced deur die SAMA genomineerde Ewald Janse van Rensburg). Hierdie album het vir hulle die 2012 MK toekenning besorg vir beste nuweling, en bevat songs soos “Huigelaar”, “Samoerai” en “Die eenvoud in”. Hulle het in 2010 gevorm, as ‘n “super group”, met lede uit verskillende bands, soos Straatligkinders en Winterstasie, en ook uit die teater industrie.

Die nuwe EP bevat 8 songs, met treffers soos “Mooirivier”, “Vuur teen Vuur” en die nuwe single, “Deurnag”. Hulle 1ste Engelse song is ook op die EP, genaamd “Rosemary”. Die EP het 2 jaar gevat om te maak, maar elke song is sorgvuldig gekies om op die EP te verskein en praat oor die moeilike, maar lekker reis wat hulle oor die 2 jaar gehad het, se Jako Meyer.

mmm2

SPEKTRUM:
1. BLOED & ASEM
2. MOOIRIVIER
3. MONA LISA
4. VUUR TEEN VUUR
5. VREEMDELING
6. ROSEMARY
7. DEURNAG
(HIDDEN TRACK: BLOU-GROEN TRUI)

Moses Metro Man bestaan uit

Jako Meyer (Stem)
Ruan Kruger (Dromme)
Hein Kruger (Bass)
Benjamin de Jager (Guitar)
Johan Cronje (Guitar)

 

MOSES METRO MAN Kontak:
Facebook: https://www.facebook.com/mosesmetroman


Twitter: https://twitter.com/mosesmetroman
Instagram: https://www.instagram.com/mosesmetroman
SoundCloud: https://soundcloud.com/moses-metro-man


VONK MUSIEK CONTACT:
www.vonkmusiek.co.za

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*