Nuwe musiek vir almal se smaak

Laas week het net weer bewys dat Afrikaanse musiek ver van dood af is, met 4 great nuwe releases. Die eerste ene wat my aandag gevang het was Francois van Coke se nuwe ene, Klein Prys, wat opgedra is aan Die Bende, aka Fokofpolisiekar. As jy ‘n Fokof van is, sal jy defnitief hierdie ene geniet – die nostalgie loop groot!

Dan het Jack Parow ook ‘n nuwe ene uit, opgedra aan sy dogtertjie, “Dis Befok” (ft Jitsvinger). Die video is geshoot uit die perspektief van sy dogtertjie.

Bittereinder se nuwe ene, “Die Berge Brand” is , soos altyd, ‘n great video – en dan is die musiek ook nog briljant! Ek wonder of dit net ek is, maar daar was so Jagermeister bok wat vir my gekyk het in die video!

Laastens, het Johrne van Huyssteen ook ‘n nuwe ene uit, hierdie ene ‘n kers/feestyd/vakansie tyd lied. Ek is nou nie self ‘n groot fan van kers musiek nie – maar “Somerslee” (ft Success Lekabe) is ‘n treffer! Kry dit nou! – https://itunes.apple.com/za/album/somerslee-feat.-success-lekabe/id1182044228

Hier volg links na die videos vir die eerste drie.

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*