Persvrystelling | Aard – Francis Grobler

aard: “steeds onopgesmuk, doodgewoon en hoofletterloos”.

Grobler is ’n vrygees digter. Haar mees onlangse kunswerk is die digbundel aard, wat pas vrygestel is en voorwaar ’n unieke samestelling en produk van woordkuns wat vlerke kry, waar twee kunsvorme meesterlik vervleg.  

Die bundel sluit ’n cd met 22 snitte van uiteenlopende genres in en word deur Wynand & Chereé Stydom en Jaco Blomerus gesing.  

Die snitte is opgeneem, gemeng en gemeester deur onderskeidelik Wouter van de Venter van Fine Tune Studio’s en Douw Steyn van SON Recordings.  Vername toonsetters en kunstenaars onder andere  Clinton Zerf, Jaco Blomerus, Tony Ridgway (Rocking Horse Music), Cheree Strydom (Fine Tune Studio’s / Vonk Musiek) en Wouter van de Venter het deel gehad aan die verwerkings van hierdie uitsonderlike album.  

Musikante Mauritz Lotz, Denny Lalouette, Miro Chakaryan, Evert Snyman, Jean-Louise Moolman, Brian Smith,  Philip Cox, Jaco Blomerus, Douw Steyn, Clinton Zerf, Tony Drake en Wouter van de Venter het die instumentale uitvoerings in die snitte behartig.

0 (2)

Kenmerkend van Grobler se werk is haar hoofletterlose skryfstyl en volgens haar is aard:  “steeds onopgesmuk, doodgewoon en hoofletterloos. onverdiend gebore in skedelgange, tussen mos, seisoene en onweerlegbaarhede van lyf, siel, gees en kop – die outeur daarvan. want die lewe gebeur soos dit gebeur. in verganklikheid opgedra aan die onverganklike waarheid wat ruik soos reën en my mense – want dis al wat tel in hierdie asem wat ons die lewe noem”.

0 (1) 0 (3)

Haar debuutbundel, pyltjies innie sand is in 2007 deur griffel-media vrygestel en sluit ’n CD met 16 snitte in.   Daaropvolgende werke sluit induskant annerkant, ’n digbundel wat in 2009 vrygestel is deur Piquet Publishers.  16 van hierdie gedigte is getoonset deur Tony Ridgeway en gesing deur Wynand Strydom.

’n Boek met die titel wie ore het is in 2011 gepubliseer en handel oor die Bybelboek, Openbaring, wat in verstaanbare kindertaal geskryf word.  ’n Versameling van Grobler se werke verskyn ook in die omnibusse Vier Seisoene en Dissekteer die Reënboog wat deur mar-leo publiseerders vrygestel is asook ’n kortverhaal in Die Tiende Provinsie.

Youtube video van Engel van Betesda: 

Facebook Blad: https://www.facebook.com/francisgroblerdigter

0 (4)

Vir meer inligting, promosies, onderhoude, foto’s en snitte, kontak:

Anita van de Venter

Blue Division Entertainment | Musiekhuis

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*