Persvrystelling | Amandala – Woon in Seattle, sing van Jeffreysbaai

Amanda Lamprecht, of in kort “Amandala” woon, werk en maak al musiek vir die afgelope 15 jaar in Seattle, VSA. Amanda het `n florende musiek-loopbaan in Seattle. Haar album “Far and Wide” is in 2014-2015 onder leiding van die musiek-regisseur en studio eienaar Jonathan Plum, by London Bridge Studio in Seattle opgeneem. London Bridge Studio is wêreld bekend vir opnames met Macklemore, Pearl Jam, Temple of the Dog, Alice in Chains, Blind Melon ensovoorts.

 

Amanda het `n rukkie terug besluit dat sy ook in haar moedertaal wil sing en is tans in Suid Afrika om haar eerste Afrikaanse album “Alles Wat Jy Lief Het” bekend te stel. Die Afrikaanse album is geskryf en opgeneem in beide Seattle en in Stellenbosch so daar is baie Seattle musiek invloede wat gemeng word met Afrikaans en Suid Afrikaanse klanke. Die eerste radiosnit “Jeffreysbaai” is in Oktober uitgereik en kan reeds op verskeie gemeenskapsradio-stasies gehoor word.

amanda-la-1

Musiek was nog altyd deel van Amanda se lewe. Sy het deur skool en Universiteit koor gesing, viool, en so bietjie kitaar en klavier gespeel. Amanda het in vele Amerikaanse Seattle bands gespeel en gesing, maar dit was eers in 2014 dat dinge vir haar musiek-loopbaan begin verander het. Die beroemde musiek-regisseur Jonathan Plum het haar stem gehoor en belang gestel om `n album saam met haar te maak. Dit was vir haar`n baie groot eer om saam met Plum te werk.  Sy sê “In Amerika dink hulle ek klink soos die sangeres van die Cranberries en Bjork. Hulle hou baie van my ‘boere’ aksent. Om my eie stem te vind en te ontwikkel het ek ook sanglesse geneem by Awilda Verdejo, wat Aida voor die Egiptiese piramiedes vir Prins Charles gesing het. In Seattle woon baie musikante en mense soek altyd iets nuuts en interessants vir hulle Indie rock / pop en veral die spesifieke “Seattle klank” mark. Mense stel veral belang en ondersteun oorspronklike musiek wat organies hier ontstaan en gegroei het.”

 

Vele bekende musikante het op Amandala se “Far and Wide” album gespeel insluitende die tromspeler van Modest Mouse, asook die vioolspeler van Macklemore. Amandala tree gereeld in Seattle op en het `n lojale groep aanhangers wat gereeld na haar vertonings kom kyk.

 

Vir Amandala en Seattle is die deure nou oop, maar in haar hart verlang sy huistoe. Sy voel dat die tyd nou reg was vir haar eerste liefde en dit is haar huistaal: Afrikaans. Hierdie Afrikaanse album wys die pad terug vir Amanda en is `n getuigskrif daarvan.

 

Die album “Alles Wat Jy Lief Het” is geskryf rondom die hoof temas van `n mens se lewe en dit word met musiek weer gegee. Die liedjies beskryf emosies van verwagtinge, teleurstellings, oorwinnings en hoogtepunte waardeur `n mens in jou leeftyd gaan, asook die insigte, vreugdes en vrede wat kom met tyd. Die album gaan oor self-liefde, self-ontdekking, seer kry, weer probeer , sterk raak en sterk bly. Daar is `n liedjie vir elke gevoel wat n mense kan voel: een vir wanneer jy kwaad en rasend is, een vir wanneer jy ontspanne, gelukkig of romanties voel, een vir wanneer jy wil dans en bokspring, een vir wanneer jy verlang of diep denke dink, een om jou te laat strewe na iets beters ensovoorts. Amanda sê: “Ek gebruik ook soms my stem om soos `n instrument te klink, sodat ek emosies kan vasvang en soms is die intervalle en harmonies spesiaal geskryf om iets baie subtiels aan te raak. Ek dink hier veral aan “Die een vir haar.” Hier is ek diep beïnvloed deur die musiek van Hildegard von Bingen en hoe sy gebruik gemaak het van intervalle om sekere diep, psigogenese plekke in mense te bereik en om ook `n tipiese “chant” of sangerige spraak te skep.”

 

amandala-foto-2
Die eerste radiosnit op die album is getiteld “Jeffreysbaai.” Amanda sê: “Almal van ons onthou daardie een somer vakansie wat nostalgies was: Son, see, liefde, vriendskap, baie lag, pret en sorgvrye ure. Ek onthou hoe ek en my kêrel in`n klein volkswagen golfie `n surfboard ingelaai het en met die board so tussen ons met nat swemklere, taai sout hare en musiek wat blaas oor die radio in Jeffreysbaai vakansie gehou het. Ag ,dit was `n fees. Ek wil daardie lekker ontspanne en gelukkige somervakansie gevoel weergee met my Jeffreysbaai liedjie.”

 

Luister na “Jeffreysbaai” hier: https://soundcloud.com/amandalamusic/jeffreysbaai

 

Sien Video van die liedjie “Jeffreysbaai” hier:  https://youtu.be/-ccSsOpzwBc

 

Die album is beskibaar op:

 

iTunes: https://itunes.apple.com/za/album/alles-wat-jy-lief-het/id1170782735

 

Cd Baby: http://cdbaby.com/cd/amandala4

 

Sosiale Media:

 

FB: https://www.facebook.com/amandalamusic/

Twitter : https://twitter.com/amandalamusic

Web : www.amandalamprecht.com

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*