Vertoning | Dowwe Dolla – Vrydag 5 Augustus,Simonsig

Vrydag 5 Augustus met Dowwe Dolla by Simonsig
R200 per kaartjie
A la Carte Menu
Aankoms: 18h30
Vertoning begin om: 19h15
Besprekings 082 043 8843 gedurende kantoorure of e-pos jretief@simonsig.co.za

 

Meer oor Dowwe Dolla:

Met Margit Meyer-Rődenbeck
Teks en Lirieke: Jurgen Human
Musiek en Spelleiding: Emile Minnie
Tydsduur: 75 minute
Geen onder 12 jaar. (Taalgebruik)Een van die top 10 verkopers by vanjaar se KKNK!

In hierdie nuwe “eenvrou” vertoning, beweeg Dolla bietjie weg van politiek, “want dis regtig nou boring”, alhoewel daar elke nou en dan ‘n onbeplande dwarsklap per ongeluk “gebeur”

Sy onthul die werklike redes hoekom vrouens nog mans “aanhou”, sy ontleed die Suid Afrikaanse “braai” in detail uit n blonde sielkundige oogpunt . In die proses word ingewikkelde onderwerpe soos trofeejag, homopatie, arachnofobia en hondsdolheid onder die vergrootglas geneem. En vir die eerste keer, maak ouma Dowe Dolla (ook vertolk deur Margit Meyer-Rődenbeck) ook haar verskyning op die verhoog om ‘n meer wyse en historiese (of is dit nou histeriese?) perspektief aan alledaagse gebeure in ons land te gee.

Verwag nog n lag/minuut woorde-tsunami van Suid Afrika se gunsteling blondine.

Be the first to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.


*