Welkom by opdienet.co.za

Goeie dag mense. Welkom by opdienet.co.za. Ons gaan in Afrikaans, vir julle meer vertel oor ons land se sangers, digters, skrywers, film en teater sterre, komediante en ander interresante mense.

 

Almal het n storie,en iewers daar buite is daar iemand wat die storie wil hoor. Almal hou nie van dieselfde stories nie. Kan gaan probeer om iets vir almal se smaak te kry.

 

Op hierdie stadium is niemand professionele joernaliste of eers taal kenners hier nie – so as daar taal of spelfoute is, jammer. Ek belowe ook nie 100% suiwer Afrikaans nie – soms werk ‘n Engelse woord net beter, en dit is tog hoe baie mense praat.

 

Soos ons uitbrei gaan ons vir julle meer inhoud bring – kompetisies, resensies en nog meer.

 

Die aktiewe span bestaan huidiglik uit Jaco & Jaco (Brill en Bruwer), met nog mense wat binnekort gaan help op verskillende maniere.

 

Enige voorstelle is welkom – mail ons gerus by gesels@opdienet.co.za

 

Ons hoor graag van julle!