Word deel van opdienet.co.za

Stel jy belang om dalk deel te word van die span by opdienet.co.za ?

Op hierdie stadium soek ons dalk net 1 of 2 mense om te help met nuwe artikels en om dalk albums, flieks en boeke te “review”, maar soos ons groei gaan ons ook mense benodig om verslag te doen oor feeste en optredes, iemand om fotos oor hierdie feeste en optredes te neem. Ons is nie beperk tot een stad of deel van die land nie, so tot mense in die kleiner dorpe is welkom. Stuur vir ons gerus inligting oor wie jy is, met wat jy wil of kan help, en hoekom jy dink jy is geskik vir die rol en ons kom terug na jou toe.

Let wel – op hierdie stadium sal daar geen vergoeding wees nie, alhoewel ons sal probeer vir gratis toegang na feeste en optredes. Soos ons groei, en begin ‘n inkomste verdien, sal ons die mense begin vergoed – ons sal ook begin deur 1ste te kyk na die mense wat al die langste by ons is, en/of die meeste reeds bygedra het.
Stuur vir ons ‘n epos by gesels@opdienet.co.za